Wanneer dinge net nie na jou sin wil gaan nie
Ons het almal fenomenale liggame en breins, en al werk dit nie aldag so goed nie hoef dit nie ‘n voldonge uitspraak te wees nie. Graag deel ek met jou die insigte, wenke en inligting om you slapende genie wakker te maak Awaken your Genius Within.
Brein Kapasiteit
Party navorsders meen on gebruik slegs 10% van ons brein kapasiteit, ander beweer dat sou ons elke drie sekondes iets nuuts leer, sou dit ons 3 miljoen jaar vat om ons kapasiteit te bereik. Is dit nie ongelooflik nie?
Wat as hulle beraminge verkeerd is? Se nou maar dit sou 300 jaar vat – sou dit nie nog steeds absoluut fantasties wees nie? Wat dit beteken is dat daar geen manier is wat jy in jou leeftyd jou brein se kapasiteit kon bereik nie. ..
So wat doen jy met jou brein?
Ons hou ons brein gyselaar met bekommernis, negatiewe gedagtes, oordele wat ons vel, vrese en angs oor verskeie goed, of ons dit nou agterkom of nie. Ons het ook ‘n aanhoudende geklets wat in ons koppe aangaan waar ons met ons self praat, ander berispe, oor en oor goed herspeel wat verkeerd gegaan het of wat wonderlik was. Ons dink wat ons volgende keer vir die of daai person sal sê en so aan. En ons maak allerhande aannames gebaseer op hierdie ‘samesprekings’ wat ons met onsself hou. Meeste van die tyd is ons nie eens bewus dat ons dit doen nie want ons is gewoond aan die geklets en geworstel van gedagtes. Ons dink “dit is hoe, wie, en wat ons is”.
Ons hou ons breins ook gekniehalter deur meeste van die tyd in ‘auto-pilot’ is. Auto-pilot is beide ‘n goeie ding, maar aan die ander kant nie so goed nie – wanneer ons dit gebruik vir take soos bestuur wat ons geleer het om automaties te doen of om vinnig te reageer wanneer ons in gevaar is of onraad merk – is dit goed, maar as ons dit gebruik vir onproduktiewe gedagtes wat gewoonte geword het, ondermyn dit ons en benadeel dit ons meer as wat dit ons bevorder.
… ek moet se dit klink baie beter in Engels, so hier is dit in Engels…
So what are you doing with your brain?
We are keeping our brains hostage with worry, negative thoughts, judgments, fears, and various other mind-constructs that we do not even realize we are doing, because it has become habit. We believe “this is the way we are”. We are also keeping our brains in jail by remaining in this state of auto-pilot most of the time. Auto-pilot is good and bad; when we use it for tasks we have learnt to do automatically – it is good, if we use it for habitual non-productive thought, it undermines us and hurts us more than it serves us.
Verander van gedagte, verander jou brein
Die goeie nuus is dat wetenskaplikes uitgevind het dat ons wel ons verstand kan gebruik om ons brein fiesies te verander, en dat daar verskeie maniere is om dit te doen – met ‘n bietjie oefening natuurlik.
En dit is presies hoe ons tot op hierdie punt in ons lewens gekom het; deur dinge oor en oor te doen totdat dit deel van ons geword het – deel van ons brein infrastruktuur. Die heel beste nuus is dat ons nie hoef vrede te maak met dinge wat ons kwel, ondermyn of wat ons maak swoeg, sweet, en worstel nie – ons kan dit verander.
Hoekom sit ons vas?
Daar is verskeie redes – die mees opvallende en mees stremmende rede is dat ons nie weet dat ons nie weet nie, and daarin lê die geneuk – dit geld vir die indiwidu sowel as vir besigheid, organisasies, assosiasies, en ander sosiale groepe.
Jou no. 1 top wens
Sou jy ‘n vriendelike fee gehad het wat met haar towerstaf jou enige wens wat jy sou begeer kon verwesenlik – waarvoor sou jy wens? Wens jou wens
Vir verdere inligting
Beskou my webwerf hier ⇒ www.geniuswithin.co.za
Volgende keer – praat ek meer oor Hoe om met jou brein saam te werk.
… Alles van die heel beste vir die week wat voorlê!
Joune in die ontwaking van jou innerlike Genie
Sonja Wilker
NB: Ek vra om verskoning, maar voortaan sal die kommunikasie in Engels wees aangesien ek dit moeilik vind om myself so behendig in Afrikaans uit te druk en omdat Engels my gebruikstaal is. Om hierdie pos in engels te lees gaan hier ⇒ Awakening the Genius Within us
SW
“Something made us weak until we found it was ourselves” – Robert Frost
Indien u nog nie ingeteken is op die Genius Within Nuusblad vir meer wenke, hoe om lokvalle van die brein te vermei en verdere inligting om jou innerlike genie te laat ontwaak, kry dit hier ⇒ Sign up for Genius Within Newsletter